4 Junie 2022

Dagstuk
Psalm 118

Presies die middelste hoofstuk in die Bybel!

Sy goedheid duur vir altyd!
Dis die refrein van die lied wat uitroep dat skepping en mens altyd die Here se goedheid moet bly besing!

“Ek sal nie sterf nie, maar lewe, en van die Here se werke vertel.”
‭‭PSALM 118:17‬ ‭NLV‬‬

Selfs in ons verheerlikte liggame, as ons opstaan uit die dood, gaan ons van Sy goedheid getuig!

Here, ons wil aanhoudend sing:
“U is my God, en ek wil U prys! My God, ek sal U hemelhoog prys! Wees dankbaar teenoor die Here, want Hy is goed! Sy goedheid duur vir altyd!”
‭‭U is ons Goedheid!