3 Junie 2022

Dagstuk
Lukas 13

Die Here wil hê dat ons moet vrug dra!
Vrugte van ons geloof, m.a.w. om ons geloof uit te leef deur dit wat ons doen!
So, dra vrugte in seisoen, en daarbuite soos ‘n vyeboom, altyd gereed.
Ook soos ‘n mostertsaadjie moet ons geloof êrens begin, al is dit klein!
Dit sal groei en ander beïnvloed soos suurdeeg deur deeg trek!

Here, help ons om vrugte van Liefde te dra!
U is die God van die wat U bly soek!!