2 Junie 2022

Dagstuk
Eksodus 2

Moses se geboorte word beskryf, en net soos Noag word hy in 'n “ark” (hebreeuse woord vir die biesiemandjie) bewaar en gered!
Hy word as Egiptieseprins groot eers nadat sy ma hom borsvoed en van sy eie kultuur leer!
Na sy moordsonde en vlug na Midian ontmoet hy vir Sippora!

Here, dankie dat U 'n plan kan maak ten spyte van geskiedenis, sonde en alles wat ons dink teen U tel, dan gebruik U juis dit tot ons redding!
U is ons Ark!
In U word ons gered!