31 Mei 2022

Dagstuk
Lukas 12

Die Here Jesus self moedig ons aan om nie geld en aardse besittings na te jaag nie, maar eerder verhouding met Hom te soek!
Dan sal Hy vir ons sorg soos vir kraaie en lelies en mossies:
““Wat kos vyf mossies? ’n Paar sent? Tog vergeet God nie één van hulle nie.”
‭‭LUKAS‬ ‭12:6‬ ‭NLV‬‬

Here, dankie dat U ons belangriker ag as mossies en U voed ons soos U die kraaie voed en klee ons soos die lelies van die veld!
Here, ons kies God bo goed!
Ons verhouding met U is BAIE belangriker as die materiële!
U is ons Versorger!