30 Mei 2022

Dagstuk
Eksodus 1
Die volk van Jakob, Israel , het in Egipte sterk en baie geword, daarom het die Egiptenare hulle slawe gemaak en hulle onderdruk en boonop nog ʼn bose plan beraam om al die Israeliete se seuntjies te dood.

Maar die Here was met Sy volk.

Here dankie dat U in beheer is en die groter prentjie van U soewereine wil is altyd beter as die individuele moeilike tye van gesinne soos in hierdie tyd van Moses.
U is ʼn goeie Vader!