29 Mei 2022

Dagstuk
Psalm 116

In tye van depressie, angs, hartseer, trauma soos wat die Psalmdigter dit hier beskryf. (Bande van dood omring my…)
Kom ons bid so:
“Toe roep ek die Here se Naam aan: “Here, red my tog!””
‭‭PSALMS‬ ‭116:4‬ ‭NLV‬‬

Om die Here se naam aan te roep in moeilike tye, besef jy Sy genade en getroue liefde!!
Hy sal jou altyd help want, Hy is by jou!
En wanneer jy weën weet:
“Die dood van sy getroue dienaars is kosbaar vir die Here.”
‭‭PSALMS‬ ‭116:15‬ ‭NLV‬‬

Dankie Here dat U ons aanmoedig om te roep:
“Here red my tog!”
Here U is getrou en regverdig om ons altyd te red!!
U is die God van Barmhartigheid!!