28 Mei 2022

Dagstuk
Lukas 11

Jesus leer Sy dissipels en ons om te bid!
Dat ons moet aanhou vra, en ook moet weet dat as ons vir die Heilige Gees vra ons Hom sal ontvang!
Maar, dan verwerp die Jode Jesus deur te sê die bevrydings en wonderwerke wat Hy doen is deur die krag van Beelsebub.
Jesus verduidelik dat ons ligdraers moet wees sonder duisternis van satan.
En as Jesus deur een van die Fariseers genooi word vir ete, hou Hy nie terug nie, nee Hy laat weet hulle eerlik en duidelik wat Hy van hulle skynheiligheid dink!!

Here, dankie dat ons U in eenvoud kan vra en U sal ons antwoord!
U is n goeie Vader