27 Mei 2022

Dagstuk
Jesaja 66

As ons die Here gehoorsaam en lojaal, getrou is aan Hom, ontvang ons die vreugde van ewige lewe! Anders as die wat vreemde offers bring en die Here op hul eie maniere aanbid.
Die Here gebruik ons om alle nasies van Hom te vertel!
Kyk, Hy het Israel in 1 dag gebore laat word in 1948, en haar kinders laat terugkeer van orals oor die wêreld!

Here, u is getrou aan U beloftes, en dis met hierdie soort skrif wat U ons laat uitsien na die nuwe aarde en die nuwe hemel!
U is ons Lewe!