26 Mei 2022

Dagstuk
Psalm 115

“Maar óns kan die Here loof, nou en vir altyd! Prys die Here!”
‭‭Want Hy is nie ‘n afgod deur mensehande of verbeelding gemaak nie!
Nee, Hy is die Lewendige God!
Hy het opgestaan uit die dood!
Hy het opgevaar na die hemel!

Vandag vier ons hemelvaart!
Ons vier Sy oorwinning en ons sien uit na Sy wederkoms!

Here, U maak soos U wil!!! v. 3
Ons loof U terwyl ons leef!
Dankie dat U opgevaar het, Jesus, en aan die regterhand van Vader sit om vir ons voorspraak te doen by die Vader!!!
U is die God wat ons seën!!