25 Mei 2022

Dagstuk
Lukas 10

Jesus sê dat ons moet bid vir nog meer werkers want die oes is groot en die werkers min.
Daar is so baie mense in die wêreld vandag wat van Sy liefde moet hoor!
Dis die mense, die naaste, aan wie ons medelye moet betoon soos die Samaritaan vir die geplunderde Jood langs die pad vrygewig was in alles wat hy vir hom kon doen.
Kom ons wees ook so vrygewig met die Here se goeie nuus van Sy verlossingswerk!!!

Here, ons besef dat as ons met outoriteit optree en mense sien vry kom van sonde, skuld en siekte, is ons besig om die oorwinning oor satan toe te pas wat U behaal het, en val hy uit die hemel (in sy plek van aanklag) soos ‘n weerligstraal!
Dankie vir U outoriteit en U oorwinning in die evangelie wat ons verkondig!
U is die Here van die Oes!