24 Mei 2022

Dagstuk
Jesaja 65

Die Jode se afkeur van Jesus as hulle Messias het vir ons as heidense nasies ‘n geleentheid geskep om die Here se volk te word, as ons kies om Hom te dien.
Al bly Sy volk, Israel, Sy verbondsvolk, word hulle vervolg in dié era: die kerk era voor Jesus se wederkoms.
Maar as Hy weer kom, maak Hy alles nuut, en gaan ons ‘n nuwe aarde en ‘n nuwe hemel geniet!

Here, dankie vir die hoop wat ons almal het om eendag die 1000 jaar vrederyk te kan beleef, en dan die nuwe aarde en hemel waarin ons vir ewig U gaan dien!
U is ons Ewige Vader!