23 Mei 2022

Dagstuk
Psalm 114

Die skepping het geweet dat Israel die Here se volk is en daarop ag geslaan.
Die psalmdigter beskryf dit hier deur die see, jordaanrivier, berge en heuwels se reaksie, maar ons weet die see is oopgekloof en met die 10 plae het die skepping ook die almag van God geresoneer!
Die water uit die Rots (v. 8) dui ook op die Messias!
Jesus was die Rots uit wie daar Lewende water gevloei het. (Joh. 7:37)

Here, dankie vir U Heilige Gees wat ons Lewende Water is wat ons voed en reinig!
U is die Lewendige Rots!