21 Mei 2022

Dagstuk
Jesaja 64

Hoe kan ons ooit gered word? Vra Jesaja!
Hy sê ons beste werke is soos vuil lappe voor die Here!
Ons sonde maak ons rein!
Daarom smeek hy dat die Here die hemel sal oopskeur en aarde toe kom!
Dis presies wat gebeur het toe Jesus vir ons die Offerlam geword het wat in ons plek gesterf het sodat ons gered kon word!

Jesaja het profeties vooruit gesien:
Die probleem van sonde, en Jerusalem en die tempel se val, maar ook Jesus se eerste koms as lydende dienaar en Sy 2de koms as oorwinnende Koning!

Here, dankie dat daar vir ons ‘n reddingsplan gemaak is deur U genade!!
U is die Pottebakker en ons die klei!