19 Mei 2022

Dagstuk
Lukas 8

Jesus begin die mense leer met gelykenisse en in die eerste daarvan, die van die saaier, is Hy besig om ons aan te moedig om ontvanklike harte te hê vir Sy woord.
Met ‘n leerbare gees kan ons verander word, soos die duiwelbesetene of soos Jairus en sy familie wat die Here se opstandingskrag beleef het, of soos die vrou wat in geloof aan Sy kleed geraak het en van 12 jaar se pyn genees is!!

Here, dankie dat U mense se lewens omgekeer het as hulle met U te doen gekry het!
Draai asb ook ons lewens om!!
U is ons Leermeester!