18 Mei 2022

Dagstuk
Jesaja 63

“Ek sal vertel van die goedheid van die Here…”
Ons kan nie anders as om van Sy roemryke dade te getuig nie!
Hy is getrou!
Hy red Sy volk Israel keer op keer en Hy sal hulle red na die verdrukking as hulle in Bosra, Edom (dis Petra) wegkruip!!

Al verwerp die Jode van Jesus se tyd Hom en bedroef die Heilige Gees (Matt. 12:31), sal die Here hulle weer red en hulle blindheid vir wie die Messias is wegvat.
Kom ons bly bid vir hulle ongeloof om te draai na die openbaring van wie hulle nuwe “Moses” is!!

Here, dankie vir U redding nou, in die verlede en in die toekoms met die wederkoms!
U is Getrou!!