17 Mei 2022

Dagstuk
Psalm 112

Die gevolge in ons lewens as ons die Here dien is so wonderlik!
Ons kinders sal die Here volg, hulle sal geseënd wees en ons voorspoedig. So persoon is vrygewig en doen sy besigheid met opregtheid!
Selfs in moeilike omstandighede vertrou so ‘n mens op die Here en word hy nie teleurgestel nie!

Here, ons kies weer opnuut vanoggend om U in alle opregtheid te dien!
Ons het U lief!
U is ons Goedheid!