15 Mei 2022

Dagstuk

Jesaja 62
Jy sal genoem word:
“Hefseba” - die een wat Ek liefhet en
“Beulah”- My bruid!
Ek en jy moet vir Jerusalem bly bid vir die beloftes van vrede wat vervul sal word deur die stad van God
“Ek het wagte op jou mure gesit, Jerusalem. Hulle sal dag en nag bid. Julle wat die Here herinner aan sy beloftes, moenie rus nie.”
JESAJA 62:6 NLV
Here maak ons wagte wat vir die “Gesogte stad” bid (דּרשׁ)
Wat bly bid vir U stad wat nie meer verlate is nie!! (עזב-עיר)
Al is Jerusalem 16 keer verower en geplunder, rig U weer altyd die stad van vrede op want dis U stad!
Here dankie dat U by ons elkeen woon en wil woon!
U is ons as Beulah se Bruidegom!