14 Mei 2022

Dagstuk
Psalm 111

Dit wat die Here doen is groot en wonderlik!
Dit wat Hy vir jou doen is ontsaglik!
Daarom moet ons Hom aanhou prys en Sy lof besing!

“Eerbied vir die Here is die begin van wysheid. Dié wat sy voorskrifte navolg, het goeie insig. Hy sal vir altyd geprys word!”
‭‭PSALM‬ ‭111:10‬ ‭NLV‬‬

Here, ons kies weer soos elke oggend om U Naam te besing met ‘n loflied op ons lippe!!
Here U is groot en ontsagwekkend!
U is die Opregte Een!