11 Mei 2022

Dagstuk
Psalm 110

Dawid sê: U Here het vir my Here gesê…
Hierdie wonderlike Psalm gaan oor die Messias: Jesus.
Wat uit Dawid die koning se nageslag sou kom maar ook sy Here is!!
Want Hy is die Koning van die konings!
En ‘n Priester, nie soos Levi en Aäron, nie maar soos Melgisedek: sonder ‘n begin en einde! Vir ewig!
Hierdie Messiaanse Psalm beskryf Jesus as Hy terugkeer om te regeer in Jerusalem!

Here, dankie dat ons ‘n Triomferende Koning mag aanbid!
U is ons Koning!