10 Mei 2022

Dagstuk
Lukas 5

Nuwe wyn in nuwe wynsakke!
Die mense wat Jesus gebruik om Sy liefde te wys en Sy Koninkryk uit te dra, was nie die ou garde van godsdienstige leiers soos die Fariseers en priesters nie, maar gewone mense soos Petrus, en selfs kontroversiële ouens soos Matteus (Levi), die tollenaar!
Die Here gebruik jou en my, gewone mense, vandag nog om Sy evangelie oor te dra!

Here, dankie dat U ons gebruik ten spyte van ons!
U gooi U nuwe wyn van Goeie Nuus en die Heilige Gees in hierdie nuwe soort wynsakke: gewone mense!
U is die Een wat ons roep!