9 Mei 2022

Dagstuk
Jesaja 60

Jerusalem: die stad van vrede, die Dawid-stad, bly vir die Here ‘n spesiale plek!
Dis waar die Tempel vir baie jare gestaan het en van Salomo se tyd die Here se teenwoordigheid in geskyn het.
Dis waar Jesus gekruisig, uit die graf is en opgevaar het na die hemel!
Dis waar Jesus in Sy 1000 jaar vrederyk gaan regeer oor die aarde!
Dis dié stad, en nie ‘n ander een nie, wat gaan herbou word vir ons ewige woning!
Hierdie stad waar Abraham vir Melgisedek ontmoet en sy tiende gegee het, bly die stad wat die Here kies om vir ons Sy heerlikheid in te wys!

Here, ons bid vir die vrede van Jerusalem soos U ons beveel (Ps. 122:6)
U is die God van Jerusalem!