8 Mei 2022

Dagstuk
Psalm 109

Dawid bid oor mense wat hom slegsê, veroordeel en vloek.
Hy vra dat die Here met hulle sal afreken.
Hy besef sy afhanklikheid van die Here se hulp en genade!

Ons is nie gemaak om te vloek en te vervloek nie, maar om te seën!
Jesus het vir jou, my en die wêreld ñ vloek geword, toe Hy op ñ vervloekte manier gesterf het: die kruis.
Daarom is daar geen vloek meer oor ons nie, maar kan ons ook nou nie meer vloeke gebruik in ons lewens oor ander nie.

Here, help ons om ALTYD ander te seën!
U is ons Seën!