7 Mei 2022

Dagstuk
Lukas 4

Jesus se bediening begin met Sy doop, versoeking en toe prediking.
Eers in Sy tuisdorp Nasaret se sinagoge, maar nadat hulle Hom verwerp en wou vermoor, bedien Hy verder. Gereeld in Kapernaum, Sy nuwe basis.
Daar bevry Hy mense van demone en genees Hy siekes, en Hy verduidelik die skrif aan die Galileërs!

Here, dankie dat U getrou bedien het in Kapernaum toe U op aarde was.
Help ons om getrou te bly in ons bediening!
U is die Bevryder!