5 Mei 2022

Dagstuk
Psalm 108

“Met God se hulp sal ons seëvier…”
‭‭PSALM 108:14‬ ‭NLV‬‬

Dawid weet dat die Here die God van alle nasies is.
In sy oorloë teen ander volke het hy reeds vooraf besef dat die Here Israel Sy uitverkore volk maak en dus kan hy wat die koning is nie eintlik verloor nie.
As jy God se roeping oor jou lewe verstaan sal jy weet jy is altyd in oorwinning.
Jy wen, want Hy wil wen deur jou!

Here, dankie vir mense soos Dawid wat net weet wie hulle is en wat U deur hulle wil vermag!
Mag ons, ons roeping verstaan en voluit vir U leef in oorwinning!
U is ons Oorwinnaar!