1 Mei 2022

Dagstuk
Lukas 2

Jesus is gebore in Betlehem vir jou!
Sy geboorte in die stal en die herders wat Hom kom besoek het, engele se lied en al die wonderlike gebeure van Sy koms word beskryf!
Ook sy besoek as 12 jarige aan die tempel, en Sy bespreking van die Ou Testament met die skrifgeleerdes.
Dis so mooi dat van Hom gesê is: Hy het gegroei in guns by God en by mense!

Here, dankie dat U aarde toe gekom het!
Al was U aardse ouers twee jong arm mense, was U grootword proses ook in ñ Godvresende huis!
Mag ons sulke huise skep vir ons kinders!
U is Immanuel!
God met ons!