29 April 2022

Dagstuk
Psalm 106

Prys die Here!
Hy is getrou in Sy genade!!
Al het Sy volk Israel telkemale gesondig en hulle rug weer en weer op die Here gekeer, red Hy hulle elke keer weer uit hulle nood.
Vir jou en vir my ook!
Hy red ons op grond van Sy genade!!

“Here ons God, red ons! Versamel ons weer uit die nasies sodat ons u heilige Naam kan prys, in U bly kan wees, en U kan loof.”
‭‭PSALM 106:47‬ ‭NLV‬‬

Here, ons bid vir die redding van Israel en hul herstel, maar mag ons ook uit hulle geskiedenis leer dat om aan U getrou te bly, is goed.
U is die God van Israel!
Prys die Here!!