28 April 2022

Dagstuk
Lukas 1

Teofilus!
Vriend van God!
Is dalk Lukas se manier om met jou, my, en elkeen van ons wat lief is vir die Here, die storie van Jesus te vertel!
Die storie begin by Gabriël, die engel, wat aan Sagaria en Maria aankondig dat Johannes die doper gebore sou word en Jesus!
Hierdie twee neefs was met ‘n spesifieke doel aarde toe gestuur!
Elisabet en Sagaria sien dit raak en ervaar die Heilige Gees se krag!
Maria ook, en daarom sing beide Maria en Sagaria ‘n lied tot die Here se lof in die hoofstuk!

Here, dankie dat U vir ons gestuur was! Dankie vir getroue dienaars soos die Griekse dokter, Lukas, wat alles vir ons noukeurig beskryf het!!
U is die Seun van God!