27 April 2022

Dagstuk
Jesaja 56

“…My Tempel sal ‘n huis van gebed genoem word vir alle nasies!”
Hierdie woorde haal Jesus aan as Hy die Tempel met ‘n sweep reinig van geldwisselaars, want waar die heidene moes aanbid in die Tempel was die mark, omdat Israel geen heidene genooi het na die Here toe nie.
Hier maak die Here dit duidelik dat Hy almal wil red.

Here, help ons om alle nasies van U te vertel sodat U waarlik gehoor word deur elke nasie, volk en taal!
U is die God van die Nasies!