26 April 2022

Dagstuk
Psalm 105

Hier is ‘n oorsig van die eksodus van Israel en die Here se getroue voorsiening vir Sy volk, vanaf Abraham, reg deur Moses se leiding in die woestyn, en Joshua se inneem van die beloofde land.
Dit was alles die belofte aan Abraham!
Waarlik, die Here is getrou!

Here, ons besef daar is beloftes wat U aan ons gemaak het wat nog vervul moet word!
Dankie dat U getrou is en dit volmaak sal vervul!
U is ons Heilige God wat getrou is aan Sy beloftes!