24 April 2022

Dagstuk
Jesaja 55

Die Here beloof dat Hy ñ God is vir alle nasies!
Daarom wil Hy hê ons moet Sy Woord gehoorsaam, en Hom soek met ons hele hart.
“Net so is dit met die woord wat uit my mond kom: Dit sal nie leeg na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek verwag en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het.”
‭‭JESAJA‬ ‭55:11‬ ‭NLV‬‬

Here, dankie dat U woord getrou en waar is. Dankie dat dit effektief is in ons lewens, en doelgerig regkry wat U beplan het vir die aarde, die mensdom: Redding!
U is die God van die nasies!!