22 April 2022

Dagstuk
Fil. 3

Om godsdienstig reg te probeer leef en die wet te hou sonder ‘n verhouding met Jesus is nutteloos!

“Ja, om Christus Jesus, my Here, te ken is só wonderlik dat ek alle ander dinge as ’n verlies beskou. Ter wille van Hom het ek alles as verlies afgeskryf. Ek beskou dit as gemors sodat ek Christus as wins kan verkry”
‭‭FILIPPENSE‬ ‭3:8‬ ‭NLV‬‬

Ons doelwit in die lewe, sê Paulus, is om soos Christus te leef, Sy voorbeeld te volg, want eintlik is ons burgers van die hemel!

Here, ons wil die wedloop van die lewe goed hardloop en ons fokus op die wenpaal, die oorwinning saam met U hê!
U is Christus ons Verlosser!!