21 April 2022

Dagstuk
Jesaja 54

Hier beloof die Here om Israel en Jerusalem weer te herstel en Hy verklaar Sy liefde vir Sy volk en ook vir ons (ons as gelowiges is nou deel van Israel - Rom. 9)

“Want die berge kan padgee en die heuwels verdwyn. Maar my liefde vir jou sal nooit verander nie, en my verbond van vrede sal nooit gebreek word nie,” sê die Here wat Hom oor jou ontferm.”
‭‭JESAJA‬ ‭54:10‬ ‭NLV‬‬

Here, dankie dat U weer Jerusalem sal herstel!
Dankie dat U in U genade Israel weer ‘n kans gee, al het hulle as volk hulle rug op U gedraai (Matt. 12).
Dankie dat U liefde en genade ook ons as gelowiges nou insluit!!
Help ons om daarom ons tentpenne (doelwitte vir U) wyer te span!

U is die Heilige van Israel, ons Redder!