19 April 2022

Dagstuk
Fil. 2

Jesus het opgestaan!
Deel van Paasfees is dat ons Sy opstanding vier!
Ons vier hierdie oorwinning elke Sondag as ons as Christene bymekaar kom!
Vir my is die oorwinning van Jesus hier vervat:
“Só sal by die noem van Jesus se heerlike Naam elke knie in die hemel en op die aarde en onder die aarde buig, en elke tong sal bely: “Jesus Christus is Here!” En só sal God die Vader verheerlik word!”
‭‭FILIPPENSE‬ ‭2:10-11‬ ‭NLV‬‬

Here, dankie dat ELKE knie SAL buig en elke tong bely dat U die Here is! Selfs die wat dit nou ontken sal dit bely as U weer kom!!
U is my Here!