18 April 2022

Dagstuk
Jesaja 53

Die Jode vandag wil nie die hoofstuk in Jesaja lees nie.
Dit beskryf Jesus se kruisiging in detail: honderde jare voor dit gebeur het!
Op Paastyd is dit gepas om Jesaja se weergawe van Jesus se lyding weer te lees en die Here daarvoor te dank!

Here, die hele kruisiging is haarfyn beplan! Niks was toeval of sonder rede nie. Elke deel van U lyding was vir ons genesing en vryspraak!
U is waarlik ons Verlosser!