16 April 2022

Dagstuk
Filippense 1

Paulus skryf aan die gemeente in Filippi vanuit ñ besonderse slegte tronk in Rome.
In die Mamertine tronk was hy in ñ gat onder ander gevangenisse opgesluit.
Nogtans skryf hy hier dat hy vreugdevol uitsien, om sy medegelowiges weer te sien!
Hy skryf hoe liefde ons optrede kan verander, maar ook ons sienswyse en doel vir waarvoor ons lewe kan definieer!
Dan sal selfs lyding vanuit liefde, ware liefde, ñ voorreg wees!

Here, help ons om vanuit ons liefde vir U, ander so lief te hê, dat ons ons lewe sal neerlê om hulle te help om by die Waarheid uit te kom!
Dankie vir voorbeelde soos Paulus!
U is ons Liefde in aksie!