15 April 2022

Dagstuk
Jesaja 52

Dis Goeie Vrydag!
Ons vier die grootste dag vir ons as Christene: die dag waarop Jesus vir ons gekruisig was!
Jesaja profeteer hier oor die kruisiging:
“Baie mense was ontsteld toe hulle hom sien. Hy was so misvorm dat hy skaars soos ’n mens gelyk het.”
‭‭JESAJA‬ ‭52:14‬ ‭NLV‬‬

Here, dankie dat U gely het vir my, vir elkeen van ons, in ons plek het U aan die vloekhout gehang!
Vandag vier ons die groot omruiling:
Ons sonde vir U geregtigheid!
U is ons Offer-Lam!