14 April 2022

Dagstuk
Psalm 101

Dawid was opreg en het met ‘n egtheid die Here gedien!
Wees wie jy is sonder om iets voor te hou!
Lewe só eerlik voor mense.

Here, Dawid se opregtheid en soeke na eerlikheid is iets om na te volg. Tog het die wonderlike leier ook moreel gefaal. Help ons om saam met ons opregtheid en nederigheid, ook nog te kan besef ons is afhanklik van U genade om ons ook reg te laat leef.
U is waarlik Opreg!