13 April 2022

Dagstuk
Efesiërs 6

Nadat Paulus raad gee aan huweliksmaats in hoofstuk vyf, praat hy verder met:
Kinders
Ouers en
Slawe.
Hy wys hulle hoe om te leef.
As hy dan weer almal adresseer, leer hy ons hoe om die wapenrusting van die Here aan te trek.
Om hierdie geestelike stryd te stry moet ons aanhê:

Gordel van waarheid
Vryspraak as borsharnas
Skoene van bereidheid om te preek
Skild van geloof
Helm van verlossing
Swaard van die Woord
Als saam is jou gebedslewe!

Here, ons is toegewyd om te bid!
Om die geestelike geveg te veg en om outoriteit te neem en in oorwinning te staan teen Satan en sy magte!
U is die Oorwinnaar!
Ons Generaal!