10 April 2022

Dagstuk
Efesiërs 5

Paulus verduidelik ons hoe om soos mens van die Lig te kan lewe!
Hierdie praktiese hoofstuk in Christenskap help ons in ons heiligmakingsproses!
Dit help ons om soos Jesus te leef!
Die Here help ons met Sy Woord:
“om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord,”
‭‭EFÉSIËRS‬ ‭5:26‬ ‭AFR53‬‬

Hy was ons gedagtes en gewete skoon as ons dit daagliks spoel met die waterbad van die Woord.

Here, help ons om reg te lewe deur reg te kies in liefde hoe ons moet leef.
Here, dankie dat U ons koppe en harte skoonmaak as U deur U Woord se Waarheid ons kom reinig soos ‘n Bruidegom Sy Bruid bad!
U is ons Bruidegom!