6 April 2022

Dagstuk
Jesaja 49

Die Here beskryf hier die herstel en terugkeer van Israel, lank voor hulle ballingskap, maar hierdie terugkeer gebeur tot vandag toe.
Vanaf 1948, toe Israel onafhanklik geword het, keer mense, Jode, terug na hul land net soos die profesie in Jesaja dit beskryf!

Dankie Here dat ons die Bybel kan beleef en sien waar word in ons eie tyd!
U is getrou teenoor Israel en getrou teenoor ons!
U is die Magtige van Jakob!