5 April 2022

Dagstuk
Psalm 98

Kom ons kies om Hom weer te loof en te prys!
Die Here, die Een wat ons red en verlos moet geprys en besing word vir wie Hy is!
As ons Hom besing bring dit ware vreugde in ons harte!
“Laat die hele aarde die Here loof. Breek uit in sang, sing van vreugde!”
‭‭PSALM 98:4‬ ‭NLV‬‬

Here, ons wil weer opnuut U kom loof en prys vandag!
U is ons lofwaardige Verlosser!