4 April 2022

Dagstuk
Efesiërs 3

Daar is ‘n geheime Plan van God!
Dit is om Sy liefde, deur die Kerk, aan almal op aarde, maar ook aan elke geestelike mag te wys!

Die Here het besluit om jou deel van Sy plan te maak!
Sy verlossingsplan: waardeur Hy mense deur Sy genade red!
Ek en jy is die draers, die boodskappers van daardie goeie nuus!
Wat ‘n wonderlike voorreg om dit te vertel met ons mond en te leef met ons hele manier van lewe!

Here, dankie dat ons in die lig van hierdie geheime plan (wat vir engele en demone verborge was), nou ver meer van U af kan kry as wat ons kan bid of dink!
U is die Vader van hemel en aarde!