3 April 2022

Dagstuk
Jesaja 48

Vir die wat die Here dien is Sy vrede in ons soos ‘n rivier!
Maar die bose, die wat teen die Here kies, het geen vrede nie!
Daarom moet ons na die Gees van die Here luister oor wat gaan gebeur, eerder as ons afgode, mediums en ons eie insigte raadpleeg!
Soos die Here die ballingskap en die verlossing daarvan vooruit laat profeteer het, so hou Hy jou toekoms in Sy hande en weet Hy presies hoe jy gaan wandel!

Here, help ons om U te kies en reg te bly lewe!
Help ons om U stem te hoor om te weet waarnatoe om U te volg!
U is die Eerste en die Laaste!