1 April 2022

Dagstuk
Efesiërs 2

Die liefde waarmee die Here ons liefhet is so groot!!
Daarom strek Sy genade vir ons as heidene, en red dit ons. Hy het genade met Sy volk Israel.
Hy bou ons tot een Geestlike gebou met Hom as fondament!
Hy is die een wat ons in vrede saamvoeg met ander gelowiges, uit ander kulture en wat ons dan een nuwe kultuur maak: Sy familie!

“Deur julle verhouding met Hom word ook julle saam opgebou tot ’n gebou waarin God deur sy Gees woon.”
‭‭EFESIËRS‬ ‭2:22‬ ‭NLV‬‬
 
Here, ons besef ons verhouding met U verander ons siening en verhouding met ander mense (veral gelowiges) om ons!
U is die God van Eenheid en vrede!