31 Maart 2022

Dagstuk
Jesaja 47

Die Here het Babelonië baie jare na Jesaja geprofeteer het, gebruik om Israel te straf vir hulle sonde en goddelose agteruitgang.
Nebukadnesar, hul koning, het meer as een keer Jerusalem beleër en weggevoer in ballingskap, maar sy kleinseun, Belsasar, het in sy regering die stad en koninkryk verloor aan die Mede en die Perse, in die nag van die skrif-aan-die-muur partytjie van Daniël 5.
Dit is wat Jesaja lank vooruit hier profeteer.

Here, dankie dat ons nie hoef te veg teen die wat ons te na kom nie! U veg vir ons! U laat op die ou einde reg geskied.
U is ons Regter!