29 Maart 2022

Dagstuk
Efesiërs 1

Paulus begin sy brief aan die gemeente van Efese deur vir hulle te vertel van die wonderlike “geestelike seëninge wat daar in die hemelsfere is” , wat ons in Christus ontvang as ons glo in Hom as ons Verlosser.

Dis nie net die Heilige Gees se krag en teenwoordigheid nie, maar ook Christus se voorspraak by die Vader en die eenheid van die kerk as liggaam van Christus, waarvan ons mag deel wees!
Daarby belowe hy vir ons, wat in wysheid Hom volg, die volheid van ‘n lewe onder Sy heerskappy!

Here, dankie dat U ons lewens lei. Ons stel onsself onder U beheer en Koningskap!
U is die Een wat aan die regterhand van die Vader sit!