28 Maart 2022

Dagstuk
Jesaja 46

Die Here sorg vir ons!
Afgode, of drekgode, soos Esegiël hulle noem, kan niks vir jou of vir die destydse Israel doen nie!

“Ek sal julle God wees deur julle hele lewe. Tot julle stokoud is, sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak, en sal vir julle sorg. Ek sal julle ondersteun en julle red.”
‭‭JESAJA‬ ‭46:4‬ ‭NLV‬‬
 
Wat ‘n wonderlike belofte!

Here, ons dank U vir versorging, ondersteuning en redding van ons!
U is die Enigste God!