26 Maart 2022

Dagstuk
Galasiërs 6

Paulus sluit af deur te waaarsku teen versoekinge, elkeen kan verval in sonde.
Dan moedig hy die gemeente aan om vir mekaar te sorg, veral vir die wat hulle voorgaan in die lering!
Met ander woorde sorg vir jul predikers!
Dan herhaal hy in sy eie handskrif (die res het hy gedikteer) dat hy nie saam met die wetsonderhouding stem nie en dat Christus se genade ons vrymaak en ons dus net in Hom moet glo!

Here, dankie dat ons vir mekaar kan sorg deur mekaar te vermaan teen versoeking, mekaar finansieel te help en mekaar aan te moedig met die Waarheid!
U is die Waarheid!