24 Maart 2022

Dagstuk
Psalm 94

Die Here veg vir die regverdiges!
Hy sal kom met oordeel teen die wat boos is en dwaas optree. Hy sien mense se harte raak, en beskerm of straf elkeen na gelang van die motiewe van ons hart. (Heb. 4:12)

Here Jesus, dankie dat U die Enigste Een is wat ons harte kan verander van boos na regverdig deur U genade van verlossing!
U is die Regter!