20 Maart 2022

Dagstuk
Galasiërs 4

Ons is vry!!
Vry van die wet en van godsdienstige reëls en regulasies!
Ons word deur die Gees van Jesus gelei om soos Hy te leef in vryheid en vrede!
Daarom is ons nie meer slawe van die wet nie maar erfgename van die volheid van hemelse voorregte wat die Here vir ons as kinders gee!

Here, dankie vir die vryheid wat ons het om U met dankbaarheid te mag dien!
U is ons “Abba”!
U is ons Pappa!